God Verloor en God gevind (2019-01-27)

Agtergrond

Ons predikant het vanaand gepraat van hoe ons God kan verloor
Hoe hy kan wegraak in ons lewens
En hoe hy dan ook kan terugkom

Toe het ek besluit om hierdie stuk van my geskiedenis neer te skryf

Die krisis

Annalie (ons dogter) het vroeg al besluit om na skool ‘n jaar by C-Kruis diens te doen. C-Kruis is ‘n diensjaar groep wat deur musiek en dans die evangelie aan die jeug verkondig. Met die oog daarop, het Annalie al in standerd 7 (graad 9) begin danslesse neem. Sy is later gekeur en het in 2001 aangesluit by C-Kruis as danseres

Vroeg die jaar is sy en Ina (my vrou) na ‘n ginekoloog wat haar met Behcet se siekte gediagnoseer het. Dit is ‘n outoimuunsiekte wat klein seertjies in jou are veroorsaak en geweldig pynlik is. Dit kan in resessie gaan en dan weer skielik opvlam

In Julie het hulle in Namibië gaan toer en daar het die Behcets weer opgevlam. Een aand het ons met haar per selfoon gepraat. Sy het vreeslik baie pyn gehad. En sy is ver van ons af – ons kan niks doen om te help nie

Na die oproep het ek begin lees van waar Jesus beloof dat as ons glo, God ons gebed sal antwoord (Mat. 21:22 Mk. 11:24). Na ‘n lang tyd van nadenke, het ek toe gevra dat God haar moet gesond maak. Ek het werklik geglo dat Hy dit gaan doen

Ek kon met ‘n geruste hart gaan slaap daardie aand.
More oggend gaan my dogter gesond wees!!!

Ontnugtering

Die volgende oggend is ek opgewonde om van Annalie te hoor.
Haar toestand het erger geword!!!!

Ek was platgeslaan. Hoe kan God nie sy beloftes hou nie!!! God het my in die steek gelaat. Ek was uiters teleurgesteld in God en seker ook ‘n bietjie kwaad.

Vir maande was ek in ‘n dwaal oor my God en godsdiens. Uiterlik was alles normaal – almal het gedink ek is die oulike christen. Maar innerlik het ek God nie meer vertrou nie. Hy het my dan in die steek gelaat. En wat die nut van gebed as hy buitendien nie luister nie

‘n Nuwe verhouding

Na maande se gestoei het ek ‘n nuwe verhouding met God begin ontwikkel.

Ek het besef dat ek nooit weer in geloof iets van Hom sal kan vra nie. Ek het besef dat hy alles wat ek in geloof vra, vir my gee, dan is hy my dienskneg

               Dan is ek in beheer

Ek het besef ek kan God nie dien omdat ek iets van Hom verwag nie
Dit kan nie meer daaroor gaan oor wat ek kry nie
Voorspoed, gesondheid – dit is goed wat EK wil hê.
En die kans is daar dat ek dit dalk nie kry nie

Maar ek sien nie kans vir die lewe sonder God nie
Daarom sal ek Hom nou dien om twee redes wat ek nog aan kan vashou
               Hy is God – dit is genoeg rede om Hom te dien
               Hy is nog steeds lief vir my – dit glo ek ook vas

En wat van gebed?
Ek vra niks meer van God nie
Maar ek gebruik Fil. 4:6-7

               Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Ek vertel nou vir God wat ek graag wil hê
En dan laat ek dit in sy hande
Hy moet besluit wat goed is vir my

En Nou

Na jare kan ek nou insien dat dit nodig was om te verander
My verhouding met God en my siening van God het verander
Met my ou verhouding en siening sou ek nie Ina se siekte kon hanteer nie

My God – ek dien u steeds, want U IS GOD

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s