Hoekom is ek spesiaal (2019-04-08)

Waarom is ek so spesiaal

Ons het vanaand ‘n nagmaaldiens gehad want dit is more Goeie Vrydag.

Mense wat gewoonlik in die ry agter my sit, moes vanaand in my ry sit, want die kerk was so vol. Hulle het vanaand ook die ma saamgebring wat al baie oud is. Toe ek gaan sit, wil sy haar kruk wegsit, maar het gesukkel. Ek het hom toe geneem en so gesit sodat hy niemand pla nie.

Later wou sy haar trui uittrek. Ek het haar dogter gehelp om die trui uit te trek. Sy het my bedank dat ek so bedagsaam is.

Dit het my laat dink dat ek nie altyd so was nie. Ek het Ina lank versorg en moes leer om te kyk wat is haar behoeftes. Wat wil sy hê. Want sy het nie altyd kon praat nie. Ek het geleer om meer sensitief vir ander te wees.

Toe tref dit my!!

Annalie moes siek word om my geloof in God reg te kry.
Ina moes gely het sodat ek kon verander om ander se nood raak te sien
Jesus moes ly om my te red.

Hoekom moet ander ly om my reg te kry?

Wat maak my so spesiaal dat ander ly sodat ek ‘n beter mens kan word?

Ek het lank net daar gesit, nie eens gesing nie. Net gedink aan hoe ontsettend bevoorreg ek is. Hoe groot God se genade is. Dit is amper te groot om in te neem

Hoe kan ek die goed vir my vat (2019-04-19)

‘n Paar mense het gereageer dat ek nie die reg het om iemand ander se lyding te beskou asof dit net vir my is. Ek verstaan hulle probleem en wil verduidelik.

Ek wil Christus as voorbeeld gebruik.

Ons almal weet dat God die wêreld so lief gehad het dat Hy Sy Seun gegee het. Jesus het dus gesterf ter wille van miljoene mense reg oor die wêreld. Ek was net een van daardie mense. Maar as ek alweer misluk het en ek gaan bely dit, gaan dit min of meer so wees:

Jesus, U het my so lief gehad dat U aan die kruis gely en gesterf het vir my. En nou het ek U al weer teleurgestel, ten spyte van alles wat U vir my gedoen het.

Sonder om al die ander te misken, maak ek dit persoonlik. Ek sien Sy Kruisdood as iets wat vir my persoonlik gedoen is. Want dit is hoe ek dit beleef.

Ek doen dieselfde met die ander se lyding. Baie mense is geraak deur hulle lyding, maar as ek dit vanuit my perspektief sien, het dit plaasgevind sodat God MY kan verander. Ek misken nie die wyer impak nie, maar vir my voel dit asof dit alles ter wille van my gebeur het.

Dit laat my klein voel dat daar soveel lyding ter wille van my is, om my reg te kry. Maar dit maak my nie moedeloos nie. Eerder voel ek dat daar nou ‘n verpligting op my is.

My gebed is nou

Jesus, dit het U lyding en die lyding van andere gekos om my te maak wat ek vandag is. U het my gevorm tot wat ek nou is. Nou is ek tot U beskikking. Net soos ek is. Gebruik my soos U wil
Amen

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s