Iets Nuuts (2019-04-06)

Tydsberekening

Ons het Vrydag Ina se Diens gehou nadat sy die Maandag oorlede was.

Dit was gelei deur Willem Boshoff wat teruggekyk het oor haar lewe. Ek het ook in my bedankings God gedank dat hy haar veertig jaar vir my gegee het. Dit was ‘n goeie en lekker huwelik en dit is nou verby.

Vanaand het ek na die aanddiens gegaan. Dit is gelei deur ‘n jong man wat nie een van ons leraars is nie (Charl le Roux). Hy het ‘n teks gekry wat aanlei tot die Paasfees

Maar eintlik was die preek vir my, op presies die regte tyd.

Ek maak iets nuuts

Die teks was Jes. 43:14-21

14  So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babel en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlug met dieselfde skepe waarop hulle hulle vroeër beroem het.
15  Ek is die Here, julle heilige God, die Skepper van Israel, julle Koning.
16  So sê die Here, Hy wat ‘n pad gemaak het deur die see, ‘n deurgang deur die magtige waters,
17  Hy wat strydwaens en perde laat optrek het, ‘n leër op volle sterkte na sy ondergang toe. Hulle kon nie weer opstaan nie, dit was klaar met hulle, hulle is soos ‘n lamppit uitgedoof.
18  Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie.
19  Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
20  Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les.
21  Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig.

Charl het die deel opgedeel in vyf onderafdelings

God Verklaar

In vers 14 en 15 verklaar God wie Hy is

So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel
Ek is die Here, julle heilige God, die Skepper van Israel, julle Koning
.

Dit is God die verlosser en skepper wat praat

God Herinner

In vers 16 en 17 herinner God aan wat hy gedoen het deur te verwys na die deurtog deur die Rooi see

Vrydag by die diens het God my herinner aan Ina, haar lewe en wat sy vir my gedoen het.
Dit was goed om daarna te kyk en dit te onthou
Daarom kon ek my bedankinge afsluit met
Ek dank God dat Hy haar vir veertig jaar vir my gegee. Sy was my grootste geskenk

Ons moet Vergeet

Maar dan kom God en sê dat hulle moet vergeet van die verlede en nie daaraan vashou nie.

Hoekom nie?

Ek sien dit nie regtig as vergeet nie, maar eerder as nie vashou nie. Dit is verby.

Nuut

God gaan iets nuut doen. Iets wat ons nie dink moontlik is nie, soos om ‘n woestyn in ‘n lushof te omskep

Vir my het Hy gesê dat my lewe met Ina is nou iets van die verlede. Dit was goed en mooi, maar dit is nie die einde nie. Daar lê iets nuuts voor. Iets ongelooflik. Iets wonderbaarlik.

Lof

En dit sal alles uitloop daarop dat God geloof gaan word.
Ek weet nie wat dit is nie, maar dit kom

Ek kan nie wag nie

FOMO

Ek het al baie keer gesê dat ek kerk toe gaan, twee keer op ‘n Sondag, want ek ly aan FOMO (Fear Of Missing Out). Ek kon maklik gesê het dit is ‘n rowwe week gewees. Ek kan nou rus. Ek gaan kerk oorslaan vanaand. En dan sou ek die boodskap wat die Sondag gegee is, gemis het.

God se tydsberekening is perfek
En die toekoms lê voor!!!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s