Verskille (2019-05-19)

Verskille

Mike Wells (Amerikaanse prediker) het een Paasnaweek by Noord-oos Pretoria ‘n reeks preke gegee. Met sy eerste preek het hy genoem dat hy êrens gedurende die naweek iets gaan sê waarmee ek glad nie gaan saamstem nie. Dit is reg so. Hy is nie God nie en ek is nie God nie. Daarom is ons kennis en insig beperk. Daarom gaan ons verskil van mekaar

Dieselfde geld vir hierdie blog. Ek is op my eie reis met God. En my reis verskil van jou reis. Hy kan vir my iets sê en vir jou die teenoorgestelde sê. Ons moet net met ons hele wese probeer verstaan wat Hy vir ons sê en dit uit te leef. Nie een van ons is 100% reg nie.

Daarom mag jy met my verskil. Eintlik moet jy. En dit beteken nie dat die een verkeerd is nie. Net dat jou reis jou elders vat

Dit gee my nie ‘n Carte Blanche om te doen wat ek wil nie. Die Woord rig nog steeds my lewe. As ek liefdeloos optree, is dit nie God se leiding nie. As ek ander seermaak, is dit nie God se leiding nie. Maar ons gaan nog steeds verskil.

Ek gaan jou met jou verskille aanvaar. Aanvaar my ook met my verskille. Die liefde moet egter nog steeds daar wees

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s