Wat het van Ina se geloof geword (2019-05-19)

Wat het van Ina se geloof geword

Toe Ina se demensie so erg geword het dat sy baie keer geen idee het wie ons is nie, en ek vermoed dat sy soms nie eens geweet het wie sy self is nie, dan wonder mens. Wat word van so persoon as sy sterwe? Hulle dien dan nie meer vir God nie. Hulle weet nie eens van hom nie. Sommige mense met demensie se persoonlikheid verander ook en hulle raak aggressief en soms selfs godslasterlik.

Is hulle dan verlore?

Danie Vermaak (ons een predikant) het uit Kol 3 gepreek, en toe kry ek vers 3-4. want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.

Ina het deur haar geloof reeds gesterf. Haar lewe is nou in Christus. Dus al veroorsaak die siekte dat sy alles vergeet, dit is nie meer in haar gesetel nie. Haar lewe is in Christus. Al veroorsaak die siekte dat sy verander, Christus verander nie. Haar lewe is steeds in Christus.

Daarom sal sy, ten spyte van haar siekte, nog steeds in Sy heerlikheid deel. Ek kan rustig wees. Sy is veilig, want dit hang van Christus af. En Hy het nie verander nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s