Vergifnis (2019-06-07)

Deur die jare het ek geleer van die krag van die woorde “Ek vergewe jou”.

Pieter Badenhorst

Ons vriend, Pieter Badenhorst, was saam met ons in ons kerk se jeuggroep en het later predikant geword. In 1991 was hy en sy gesin met vakansie in die Kaap toe hulle die berig kry dat sy ma vermoor is. Sy het in Dewetsdorp gewoon en was baie betrokke met die kerk en geestelike werk. Sy is die oggend vroeg ontvoer en later met ‘n klip doodgeslaan.

Pieter moes sy vakansie kortknip, sy gesin in die motor laai en die pad Dewetsdorp toe aanpak, ‘n afstand van 1000 km. Op pad het hy met God geworstel. Hy sal die diens vir sy ma moet ly, maar in hom is daar net gevoelens van woede en haat. Hoe kan God dit met sy ma laat gebeur. Langs die pad het hy, eintlik half uitdagend, uiteindelik vir God gesê hy sal nou doen wat God van hom vra. Hy sal die moordenaar vergewe. Dan moet God maar besluit hoe verder. Toe hy die woorde uiter: “Ek vergewe die man wat my ma vermoor het”, het die onmoontlike gebeur.

Weg was die woede. Weg was die haat. Die hartseer was nog daar, maar die wrewel was weg. Soveel so dat hy tydens die diens kon sê “Julle is bekommerd oor my ma. Maar sy is in die hemel. Wie van julle het aan die verlore siel gedink wat nou in die tronk sit vir moord?

Verkeer

Op ‘n stadium het ek in Sandton gewerk. Ek moes elke oggend 50 km deur die verkeer worstel. Wat my veral gegrief het is die bestuurders wat onbedagsaam was, voor jou ingesny het en oor die algemeen die pad onsmaaklik gemaak het. Teen die tyd dat ek by die werk kom, was ek ‘n warboel van wrewel en woede. Ek het die vreeslikste dinge aan die mense toegewens. Die hele pad dink ek aan daardie persoon wat my so omgekrap het.

En dan voel ek nog skuldig omdat ek so liefdeloos voel teenoor ander mense. God verwag tog liefde van my. En voeg daarby die berou en selfverwyt omdat ek al weer misluk het. Dit was ‘n marteling.

Ek en ‘n paar ander mans het elke Saterdagoggend ‘n Bybelstudie gehad. Elke Saterdag dan kom die mislukkings op die pad ter sprake. Een van my vriende, Louis Fourie, het oor vergifnis begin praat.

Uiteindelik het ek dit probeer. As iemand iets dom doen wat my kwaad maak, het ek na die motoris gekyk en gesê “Ek vergewe jou”. Ek het selfs later bygevoeg “en mag God jou vandag seën”. Dit het ‘n merkwaardige effek gehad. Skielik is die woede weg. ‘n kilometer verder het ek al van die voorval vergeet. Dit het maar moeilik gegaan aan die begin en ek het nog baie gefaal. Maar dit het al makliker geword en ek kon later in vrede by die werk opdaag.

Wortel en Tak

Ek het in my vorige stuk gepraat daarvan dat ek ‘n wrok teen God gehad het. Ek is peripatetic.  Dit is ‘n Griekse woord wat beteken dat ek rondloop as ek dink. Ek het op en af in die gang geloop terwyl ek my gedagtes uitsorteer. Uiteindelik het ek hardop gesê “Here, ek vergewe U dat U nie my dogter gesond gemaak het nie”. Daarna kon ek op my knieë gaan en op my beurt vergifnis vra dat ek al die jare ‘n wrok teenoor my God gehad het.

Vir 19 jaar het ek die wrok gedra en dit het deurgesypel na my hele geloofslewe. Ek het aanvaar dat dit ‘n hele ruk gaan neem om weer te verander. Maar God het ander planne gehad. Toe ek sê “Ek vergewe U”, toe steek God Sy hand in my binneste in en trek daardie wrok en wrewel uit, wortel en tak.

Dinge was net anders. Die verhouding tussen my en God het skielik verander. Ek kan weer naby God kom. Ek was verstom. Geen stryd nie. Net Goddelike liefde.

Ek is nuut

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s