Aanvaarding (2019-06-25)

Ek glo dat daar uit enige iets wat met my gebeur iets goed gaan kom. Ek ervaar dit nou weer.

‘n Rukkie terug het ek vertel dat ek uitgevind het dat ek vir 18 jaar ‘n wrok teen God gekoester het (wortel-en-tak). God het my gelei om dit te sien en ons kon dit uit die weg ruim. Maar hoe kan dit goed wees?

Dit het my laat besef hoe feilbaar ek is. Hoe swak ek myself ken. Hoe ek ‘n goeie christen was terwyl daar ‘n sonde in my was. En nie sommer enige sonde nie. ‘n Wrok teen God! ‘n Wrok teen die een wat vir my sonde gesterf het!

Ek het ook vroeër vertel hoe God my lei om vir ALMAL lief te wees en hoe moeilik dit vir my is (liefde). Ek is so geneig om ander se foute raak te sien en dan ‘n oordeel oor hulle te vel. Hulle was vir my onaanvaarbaar.

Dit is besig om te verander. As ek nou ‘n fout in iemand anders raaksien, dan dink ek daaraan: Hy het minstens nie ‘n wrok teen God vir 18 jaar gedra nie. Ek is niks beter as hy nie. Ek moet hom aanvaar. Ek moet hom liefhê. Daar is geen verskoning nie. God het my deur daardie 18 jaar nog steeds liefgehad en my gelei en versorg. Nooit was ek verwerp nie. Kan ek minder doen?

Die LIEFDE van God
vir ELKE mens
oor ALLE grense

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s