Liefde (al weer) (2019-06-30)

Ek is nog steeds besig met liefde my probleme daarmee.

Ek dink nou aan die enigste aanhaling wat ek nog van Shakespeare onthou
 If to do were as easy as to know what were good to do, chapels had been churches, and poor men’s cottages princes’ palaces

Ek weet wat, maar die hoe is so moeilik. As kind het ek nie liefde ervaar nie. As ek nou terugkyk met meer insig, kan ek sien hoe my ouers liefde vir my gewys het, maar ek het dit nie as liefde beleef of verstaan nie. Later het ek mure om my gebou en het ek geen gevoel vir enige ander persoon gehad nie. Ina, my vrou, was die eerste een wat deur die mure kon breek, en selfs dit het lank gevat. Geleidelik het sy my gehelp om te vorder om ook vir ander iets te voel. Selfs vandag sukkel ek nog steeds asof dit nie natuurlik kom nie. Om lief te hê, bly ‘n uitdaging vir my.

Ek sien nog te veel eers die persoon raak en kategoriseer hom: hy bedel, of hy is dronk, of hy is maar net ‘n arbeider, of hy is swart of bruin, of hy is slordig, of ….. En dan plaas ek hom laer as wat ek is. Ek is nog steeds die goeie christen met ‘n goeie werk. Ek is beter as hy. En eers dan dink ek daaraan dat ek moet liefde wys, maar in my binneste is hy reeds afgekraak.

Ek weet wat ek moet doen, maar dit is so moeilik om dit te doen.

Galasiërs 5

Vanaand in die kerk het die predikant gepraat uit Galasiërs 5 oor die vrugte van die vlees. Hy het dieselfde tipe probleme as ek genoem. En hoe harder ons probeer om die slegte goed uit te skakel, hoe meer is hulle in ons gedagtes. Presies my probleem.

Die enigste manier om hulle te wen, is om te vergeet van hulle. Konsentreer op die vrugte van die Gees. Gee aan hulle aandag, en geen aandag die vrugte van die vlees. Dan verloor hulle hulle houvas op ons. Ek sal dit probeer.

Efesiërs 5

Op YouTube het ek na Greg Boyd geluister wat oor liefde praat (YouTube). Hy het Efesiërs 5:2 aangehaal: Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het. Ons moet in liefde lewe. Alles wat ons doen, moet in liefde wees. Ons moet soos die son wees. Hy skyn op almal, goed en sleg, ryk en arm. Hy gee nie om op wie hy skyn nie. Sy taak is om te skyn, en dit is wat hy doen. Ons moet ons liefde laat skyn op mense. Ons moet nie vra wie hulle is nie, of wat het hulle gedoen nie. Ons moet net ons liefde laat skyn.

Almal is waardevol

In nog ‘n YouTube opname het Keith Minier gepraat oor hoe hy eendag by ‘n klomp bedelaars verby geloop het. Hy het in sy binneste gedink. Minstens is ek nie ‘n bedelaar nie. As hulle maar net dit of dat gedoen het, sou dit beter met hulle gaan. (Klink baie soos ek). Daardie aand toe hy op sy knieë gaan, toe vra God hom. Dink jy hulle is enigsins minder belangrik as jy. Dink jy dat jy meer waardevol is as hulle. Hulle is vir my net so waardevol. Ek moet ook besef dat elkeen vir God waardevol is. Hy sien nie kleur, geslag, rykdom of enige ander iets raak nie. Hy sien net ‘n mens raak wat Hy so lief het dat Hy vir hom gesterf het.

Ek het nog ‘n lang pad om te gaan.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s