Jan de Wet

Ek is Jan de Wet en woon in Pretoria. Hierdie is verhale uit my reis met God.

Ek het in ‘n huis groot geword waar godsdiens nie ‘n rol gespeel het nie. Toe ek 17 was, het ek in 1970 Jesus as my verlosser aanvaar. In 1977 is ek met Ina getroud. Dit was ‘n goeie en lekker huwelik. Ons het vyf kinders (4 dogters en ‘n seun) en 11 kleinkinders

In 2015 is Ina met Parkinson’s gediagnoseer. Sy het van die begin af demensie ontwikkel. In Augustus 2018 is sy in ‘n versorgingsentrum opgeneem en in April 2019 is sy oorlede.

Vir twee jaar was my lewe grotendeels deur versorging van Ina opgeneem. Nadat sy opgeneem is, het ek weer tyd gehad en het God begin woel met my. Van Januarie 2019 het ek blog inskrywings aan vriende en familie begin uitstuur.

Belangrik
Ek het geen teologiese opleiding nie, ek is nie ‘n pastoor of so iets nie en, baie belangrik, ek is nie God nie. Daarom sal daar goed wees wat ek sê wat verkeerd is. Dit is omdat my insig gebrekkig is en ek probeer sin maak van wat ek van God leer. Wat ek skryf, kan ook verskil van wat jy glo of hoe dinge sien. Dit is reg so, want jy is op jou eie reis met God. Jy het ander agtergrond en ervarings.

Ek het Jesus Christus aanvaar as my verlosser, aanvaar die Bybel as God se Woord waardeur Hy met my praat en probeer om my lewe te skik na die wil van God. As jy hiermee kan saamstem, dan is ons broers of susters en kan ons mekaar ondersteun op ons reise, al verskil ons.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s